Saturday 13 March 2010

War Junkie Resensie

War Junkie deur Jon Steele, Bantam Press VK

Die boek is deels-outobiografiese. Die skrywer is 'n kameraman wie hoofsaaklik in Moskou vir die Britse TV-kanaal ITN werk. Hy gee sy herinneringe aan wat in o.m. Abgasië, Soggoemie, Georgië, Rusland (tydens Jeltsin se aanval teen die Russiese parlement en demokrasie), Sarajevo (Bosnië), Kigali (Rwanda) en Goma (DRC) gebeur het.

Hy is duidelik hoogs sensitief teenoor Jeltsin se gedrag t.o.v. demokrasie, en mens wil glo dat hy 'n kritiese siening het, maar dan word mens in die steek gelaat, o.m. deur sy beskrywings en gedrag in Goma en Kigali; hy voel duidelik meer gemaklik met Kanadese, en 'n netjiese generaal wen maklik sy (onverdiende) respek. Ek bespreek dus volgende sy optrede en interpretasies in Kigali (hoofstad van Rwanda).


Steele het heelwat lyke wat opgesny was gesien; die het hoofsaaklik as Tutsis voorgekom. Deur dat die lyke dood gesny was, lei hy heel redelik af dat machetes/pangas gebruik was. Op 'n stadium kom hulle (hy en die soldate met wie hy reis - 'n vroeë voorbeeld van 'embedded journalism') af op 'n groep burgerlike Hutus. Die Kanadese generaal (Romeo Dallaire) dring aan daarop dat sy soldate die burgerlikes deursoek, en hul vind dan 'n paar pistole en machetes. Hieruit lei hy af dat hulle aan die grootskaalse moord deelgeneem het. Hiermee het ek 'n moerse probleem: Hoekom sou hulle dus noodwendig moordenaars wees? Kon hulle nie o.m. kleinboere wees wat die goed gebruik om vee te kastreer en te slag nie? Sou die machetes en pistole nie nuttig vir selfverdediging wees nie? Dit is tog moelik om mense dood te sny in die afwesigheid van outomatiese gewere om te verhoed dat mense teenstaan. Op 'n andere stadium sien hy vermoorde Hutu burgerlikes van 'n vlugtelingkamp waar daar kanonne was wat Kigali bestook het. Hy aanvaar outomaties dat hulle deur die Hutu soldate in die kamp vermoor was, soos aangedui deur een van die Kanadese soldate, sonder bewys, tog dui dieselfde Kanadese soldaat dat hul waarskynlik al agt ure lank dood is - dit is tog moeilik om 'n vlugtelingkamp teen voetsoldate met 'n kanon te beskerm - hoekom is dit nie vir hom moontlik dat hulle deur Tutsi soldate vermoor is nie? Ek voel sterk dat Dallaire verder skuldig bevind moet word op die moord van die groep(e) burgerlikes wie hy ontwapen het.

Dan vra ek my ook af (en Steele gee geen aanduiding dat dit ooit gebeur het nie) hoeveel Tutsi burgerlikes Dallaire deursoek het. Tog is dit nou 'n geskiedkundig duidelike saak dat Dallaire met Kagame (Kagami in die boek) deelgeneem het aan die sluipmoord van twee Hutu leiers, wat tot die Hutu moorde gelei het, en dat die meeste van die vermoordes Hutus was. Kagame is self verdink aan baie moorde in Rwanda en Congo-Kinshasa, en het sterk bygedra tot 'n 'burger-oorlog' in Congo-Kinshasa, namens die weste, sodat die weste goedkoop toegang tot tantalium (vir hoë gehalte kapasitors, op daardie stadium vir die Playstation II, as ek reg onthou) kon bekom. Vyf miljoen mense is as gevolg van daardie oorlog in Congo-Kinshasa dood. Steele is baie beïndruk deur Dallaire se 'vaderlike' gedrag teenoor hom, en hou duidelik baie van soldate wie mooi met die pers saamspeel; ek vra my af hoe hy teenoor die Russiese soldate sou optree as hulle vir hom 'n kaksmoesie oor hoe die parlementslede besig was met 'n volksmoord in 'n andere deel van die land sou gee, en Engels met hom sou praat - daar was tog verskeie Amerikaanse films, en selfs 'n rekenaar spel met daardie (volksmoord in Rusland/ou-VSSR) tema.

Steele is ook verslaaf aan kokaïne, en het sy vrou en kind afgeskeep. Hy kom oor die algemeen as grotendeels moreel en intellektueel onderontwikkeld voor. Groepe wie gereeld met die pers te doene het sal wel die boek nuttig vind.

No comments:

Post a Comment